Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Duncan Waldron |
Datum | 10 Oktober 1986 |
Alternatiewe name | 1983 UH; 1986 TO |
Kleinplaneet-kategorie | Aten-asteroïde[1] |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Afelium | 1,511 AE |
Perihelium | 0,4840 AE |
Halwe lengteas | 0,9977 AE |
Wentelperiode | 1 jr. |
Gem. omwentelingspoed | 27,73 km/s |
Gem. anomalie | 348,5° |
Baanhelling | 19,81° |
Lengteligging van stygende nodus | 126,24° |
Periheliumhoek | 43,81° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | ~5 km |
Rotasieperiode | 27,31 uur[1] |
Absolute magnitude | 15,6[1] |
3753 Cruithne (IFA: kru:'i:njə) is ’n Aten-asteroïde wat saam met die Aarde in ’n wentelbaan om die Son is. Dit wentel van die Aarde af gesien in ’n boonvormige baan wat eindelik ’n hoefyster vorm.[2] Dit word soms verkeerdelik die Aarde se "tweede maan" genoem.[3] Cruithne wentel egter nie om die Aarde nie en bevind hom soms aan die ander kant van die Son; dit is dus nie ’n maan nie.[4] Hy is soms nader aan die Son as Mercurius en soms verder as Mars.[4] Hy wentel sowat een keer per jaar om die Son, maar dit duur 770 jaar om ’n hoefystervormige beweging om die Aarde uit te voer.[4]
Die asteroïde is op 10 Oktober 1986 deur Duncan Waldron ontdek op ’n fotografiese plaat deur die UK Schmidt-teleskoop in Australië.
Die naam Cruithne was die Oud-Ierse woord vir die Pikte,[4] ’n konfederasie van vroeë stamme in Ierland.